PAS IN: Plaaslike viering van Spaanse-, Portugese kultuur

Yandi Du Plessis
Die Portugese rolprent Daniel and Daniela word môreaand (27 Junie) om 18:00 by die Ster Kinekor-teater in die Maerua-inkoopsentrum vertoon as deel van die negende Iberoamerican-rolprentfees.
Daniel and Daniela (2019), is 'n dokumentêre rolprent geregisseer deur Sofia Pinto Coelho.
Dit is ’n verhaal van ’n pa, Daniel (82 jaar oud), wat sy dogter, Daniela (12 jaar oud), op ’n reis na haar herkoms neem. Hulle reis deur Kaap Verde, São Tomé en Príncipe en Guinee-Bissau, om haar aan hul kosbaarste persoonlike en bekende nalatenskap voor te stel: hul wortels, die kennis van hul koloniale verlede en die geleenthede om 'n beter wêreld en toekoms te bou.
Die Iberoamerican-rolprentfees is 'n gesamentlike inisiatief van die ambassade van Brasilië in Windhoek, die Kubaanse ambassade, die ambassade van Portugal in Windhoek, die ambassade van Spanje en die ambassade van Venezuela in Namibië. Hierdie 9de uitgawe van die fees het op 15 Junie begin en sal tot 6 Julie voortduur.
Die rolprent sal Engelse onderskrifte hê.