Afrikaans kook op die verhoog
Iréne-Mari van der Walt
- 1 Month Ago - 2024-10-28 08:16:00
Windhoekers het die naweek die voorreg gehad om twee legendes in hul onderskeie velde op die verhoog te sien. Vrydag was die rock 'n roll-ikoon van Duisend Myl Blues- en Mystic Boer-faam Valiant Swart vir die eerste keer weer in jare in sy geliefde Namibië te sien. "Daar was ’n tyd toe julle my nie uit hierdie land kon wegkry nie," het Swart gesê. Saterdagaand het Lizz Meiring, aktrise, aanbieder, draaiboekskrywer en regisseur vanjaar se FNB Windhoek Woordfees afgesluit met haar eenvrouvertoning
Van die Rak Af. Tydens die verhoogstuk het Meiring verskeie sketse voorgedra wat die konsep van die mensebiblioteek-beweging erken wat elke mens as ’n boek met ’n unieke storie verken - van postpartum-depressie en selfdood tot spelfoute in die sosiale media.