André pak ‘Grensloos’ reis solo aan
Die Suid-Afrikaanse musieklieflinge André Schwartz en Coenie de Villiers was gereed om hul Grensloos-toer deur Namibië vandag in Windhoek af te skop, maar Coenie is egter met akute longinfeksie in Johannesburg gehospitaliseer.“Dit is ongelukkig ’n realiteit dat die gevolge van Covid pertinent met ons saamleef en ons lewens ontwrig,” sê Jolene Nell, organiseerder van die Grensloos-toer.
André sal dus die toer as solokunstenaar waarneem met ’n multimedia-vertoning wat hy reeds in ’n volgepakte Atterbury Teater in Pretoria gedoen het. Dus kry Namibië ’n splintenuwe vertoning: Any Dream will Do – My Pad met Webber.
Die toerprogram bly dieselfde as dié van Grensloos:
• Windhoek: 28 September, Nasionale Teater (NTN) Backstage om 20:00. Kaartjies is teen N$300 by www.webtickets.com.na of Pick n Pay-winkels beskikbaar.
• Outjo: 29 September, Moria Privaatskool om 18:30. Kaartjies kos N$150 vir volwassenes en N$100 vir laerskoolleerlinge. Beskikbaar by Moria op 067 313054 (voormiddag) en Anél Holtzhauzen op 081 255 0204 (namiddag) of Onduradio Boekwinkel op 067 313 290.
• Swakopmund: 30 September, Namib Primary School Aula om 19:30. Kaartjies is teen N$280 by www.webtickets.com.na of Pick n Pay-winkels beskikbaar.
Navrae kan aan Jolene Nell op 081 129 3020 gerig word.