#Brokkies: 'n Reis deur Portugal - in Windhoek

Yandi Du Plessis
Met die viering van Portugal se nasionale dag, nooi die Portugese ambassade in Namibië almal om die Portugese elektrofolkgroep Omiri op 14 Junie om 19:00 op die verhoog in die Nasionale Teater (NTN) in Windhoek te sien.
Kaartjies is vanaf 7 Junie gratis by die NTN-kantoor in John Meinertstraat beskikbaar. Die kantoor is Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 13:00 en weer tussen 14:00 en 17:00 oop.
Omiri is ’n oorspronklike projek om Portugese musiek te moderniseer. Om tradisie te herontdek, is daar niks beter as om die regte gesigte van die Portugese kultuur na die vertoning self te bring nie - musikante en klanklandskappe van regoor Portugal wat saam speel en sing. Nie noodwendig in persoon nie, maar in klank en beeld - met video-opnames wat gemanipuleer is om as musikale basis vir Vasco Ribeiro Casais se komposisies en improvisasie te dien. Kyk gerus na voorbeelde van Omri se musiek by dié skakel: https://www.youtube.com/watch?v=AuVKLPFtJbs Hierdie konsert word gefinansier deur Camões, IP (die Portugese Instituut vir Samewerking en Taal), en het borgskappe ontvang van Kubata City Hotel; Dunas Safari Tours; Isabel’s Table; The Cork & Fork Restaurant; en The Hook.
Rig navrae aan [email protected] of 061 374 400.