Dansuitvoering herdenk Picasso

Yandi Du Plessis
Die Spaanse ambassade in Namibië en die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) se dansgroep bied op 19 Oktober ‘A Picassiana Dance’ aan ter ere van die 50ste herdenking van Pablo Picasso se dood. Die dansuitvoering, gechoreografeer en geregisseer deur Philippe Talavera, beloof om ’n viering van kuns en kreatiwiteit te wees. Kaartjies is vanaf 9 Oktober beskikbaar by die Nasionale Teater (NTN) en is gratis! Die vertoning begin om 19:00 by die NTN.