Doen die dans ding met David!

David Fourie het sy professionele verskyning as sanger gemaak toe hy in 2002 die eindrondte van die gewilde Idols - South Africa gehaal het. Vandag is hy bekend vir liedjies soos “Ek wil jou ken”, “Land in die suide”, “Kaboemielies”, “Hou my vas, stywer vas” en sy mees onlangse treffer, “On the radio”.
Kort voor David se pa in 2016 oorlede is, het hy sy seun aangemaan: “Kom terug, ons mense mis jou”. Wyse woorde van ’n pa wat ook sy bekende liedjie, “Kaboemielies”, geïnspireer het. Soos sy pa sagkens probeer wys het waar die wortels begrawe is, het David weer begin musiek skryf, en na afg jaar nooi hy ALMAL nou saam op die verhoog met, Die Dans Ding.
“My nuwe musiek is nie net ’n lekker Afrikaanse pop liedjie nie, maar ’n uitnodiging om die lewe te vier, ten spyte van neerslae, siektes en enige uitdagings wat ons beleef,” sê David. “As jy net vreeslik lekker kan dans net soos wat jy is, voel dit asof dit jou oplig, bo aardse probleme uit, en dit gee jou nuwe lus vir die lewe. Na alles wat in die laaste vyf jaar in ons wêreld gebeur het, is daar geen beter geneesmiddel as om te dans met simbale en alles wat jy het nie.”
Wat het David geinspireer om die lied te skryf?
“Ek het gedurende my tyd in Nieu-Seeland begin werk met ’n organisasie, StarJam, waar ek vir kinders met verskeie fisiese en verstandelike uitdagings klasgegee het om te sing en te dans. Ek het met hulle gewerk soos ‘normale’ kinders en hulle uitgedaag om hulle beste te lewer deur musiek. Dit was so ‘n wonderlike ervaring wat selfs die nuus gehaal het. Hier in Suid-Afrika werk ek met kinders by die Imibala Trust, wat sosio-ekonomiese uitdagings beleef, selfs hulle dans bo uit oor al hulle sorge heen, en is nou oppad om oorsee op te tree. Al hierdie ervaringe het my benadering tot my eie musiek en doel in die industrie verander en ek skryf en skep vanuit daardie perspektief.”
Vir Die Dans Ding se video nooi David sy gehoor, alledaagse mense om saam met hom die speel knoppie te druk op hulle lewens en te kyk wat gebeur... Kykers en luisteraars herken hulself, vriende, bure, vreemdelinge en selfs TikTokers, terwyl die musiek ’n bevrydende effek het op individue wat hulle eie uitdagings in die lewe ervaar: fisies, sosio-ekonomies, kultureel ens. Dit word natuurlik ‘n groot dans partytjie met David as voorhaan, want Die Dans Ding is ‘n ‘ding wat begin en dit sluk jou in’. Kry almal bymekaar en kom dans saam!
Sien die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=N1tVV-NrU6Y