Goeie musiek. Goeie mense. Goeie gees!

Liefde by die Nam 2023 – moet dit nie misloop nie!
Suid-Afrika se grootste opelug-musiekfees – Liefde by die Dam – word in September ook in Namibië aangebied!
Liefde by die Dam is vanjaar terug in Johannesburg en Kaapstad, en word ook vir die eerste keer in Namibië as Liefde by die Nam aangebied. Dié gewilde fees is bekend vir groot skares voor groot verhoë met ’n reeks kunstenaars wat die top-klas Afrikaanse pop en alternatiewe klanke van die Suid-Afrikaanse musiek-landskap verteenwoordig.
Liefde by die Nam word op Saterdag, 9 September by WHS Vegkop Stadium in Windhoek aangebied. Feesgangers kan uitsien na musiek wat deur die loop van die dag aangebied word met van Suid-Afrika se voorste kunstenaars Die Heuwels Fantasies, Francois van Coke, Appel, Bobby van Jaarsveld, Tasché, Early B, Snotkop, Robbie Wessels, Riana Nel, Barto, Justin Vega en Namibië se eie Sagarias Tsam.
Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties en ook een van die hooforganiseerders van die Liefde-konsertreeks sê dat Die Heuwels vanaf 2009 gereeld in Namibië optree. “Ons het deur die jare baie vriende hier gemaak en vind dat daar ’n lekker samesyn en groot waardering vir musiek is. Ons het daaroor begin gesels om Liefde by die Dam moontlik in Windhoek te kan aanbied en ons is baie trots daarop dat dit nou sy eie gestalte as Liefde by die Nam kry. Vegkop is een van die mees ikoniese stadiums in die land en WHS een van die mees gesogte skole. Almal in Namibië ken iemand wat moontlik daar op skool was.”
Francois van Coke sê dat hy ook baie daarna uitsien om by Liefde-konsert in Windhoek op te tree: “Liefde by die Dam kry altyd die line-up reg. Daar is altyd iets nuuts; altyd iets oud. Altyd iets aan die pop kant en altyd iets aan die alternatiewe kant, so ek dink dis ’n goeie mengsel van wat op die oomblik aan die gang is in Afrikaans. Ek dink die Liefde-span vat dit altyd reg vas vir die spesifieke jare. En die fees gaan oor die liefde en dis ‘n lekker tema. Dis altyd ’n goeie tyd daar!”
Een van Namibiese sterre Sagarias Tsam sê dat hy baie opgewonde is om deel te wees van die heel eerste Liefde by die Nam. “Ek sien baie uit om my liedjies in my moedertaal met die gehoor te deel en ek dink ek gaan sommer ook spesiaal ’n nuwe liedjie skryf om vir die eerste keer hier te speel.”
Kaartjie verkope vir Liefde by die Nam skop vandag (Donderdag 25 Mei) af.
Meer inligting en koop kaartjies by: http://www.liefdebydiedam.co.za
Kaartjiepryse
• Algenmeen: N$295
• VIP: N$2500 (vinnige ingang, toegang tot VIP area en sitplekke met area se eie kroeg en toilette)
• VIP Kinders: N$495
• Kinders 4 tot 12jaar: N$150
• Kinders onder 4: gratis toegang.