Liefde by die Dam agter die rug; Liefde by die Nam aan die kom!

SA se immergewilde musiekfees Liefde by die Dam is verlede naweek by Emmarentia Dam aangebied.
Dié fees, wat sedert 2016 al groot aftrek kry in Johannesburg, het seepglad verloop met 15 000 feesgangers wat al van vroegdag tougestaan het. Die hekke het 08:30 oopgemaak en die fees het tot net na 18:00 geduur.
Verskeie top kunstenaars oa Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Appel, Demi-Lee Moore, Robbie Wessels, Bacchus Nel en Georgetown, Droomsindroom en meer was op die verhoog. Jack Parow en Barto was verrassings op die program. Radio Raps was die MC.
Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties en ook een van die hooforganiseerders van die Liefde-konsertreeks sê: “Dit was ons grootste Liefde fees nog! Alles was perfek, so op ’n warm wintersdag in Johannesburg. My hart is vol. Dankie almal!”
Feesgangers na die afloop van die fees, soos elke jaar, hul komberse op die veld gelos. Vanjaar het “Moeggesukkel” die komberse vir verspreiding in minderbevoorregte gemeenskappe ingesamel.
Liefde by die Dam word ook op 2 November by Meerendal in Kaapstad aangebied en Liefde by die Nam op 21 September by Vegkop in Windhoek.
Sluit by ons aan vir 'n onvergeetlike dag van goeie musiek, lekker vibes, en fantastiese optredes by die tweede Liefde by die Nam-fees!
Vanjaar se program vir Liefde by die Nam:
Die Heuwels Fantasties
Francois van Coke
Die Piesangskille
Early B
Justin Vega
Robbie Wessels
Rikus Nel
Spoegwolf
Appel
Jack Parow
Riaan Benade
Kurt Darren
Karlien van Jaarsveld
En Spesiale Namibiese kunstenaars Sagarias Tsam, Lin-Mari, en Vaughn Ahrens.