Liefde by die Nam hierdie Saterdag!
Liefde by die Dam – een van die buurland se gewildste opelug musiekfeeste - vind Saterdag vir die eerste keer ook in Namibië plaas, met van SA se voorste kunstenaars soos Die Heuwels Fantasies, Francois van Coke, Appel, Bobby van Jaarsveld, Tasché, Early B, Snotkop, Robbie Wessels, Riana Nel, Barto, Justin Vega, en vier van Namibië se top kunstenaar Sagarias Tsam, Lin-Mari, Riaan Smit en DJ Pierre Pienaar wat te sien sal wees.Liefde by die Nam vind op Saterdag 9 September by WHS se Vegkop Stadium plaas, met feesgangers wat kan uitsien na musiek wat deur die verloop van die dag aangebied word deur
Een van Namibiese sterre Sagarias Tsam sê dat hy baie opgewonde is om deel te wees van die heel eerste Liefde by die Nam. “Ek sien baie uit om my liedjies in my moedertaal met die gehoor te deel en ek dink ek gaan sommer ook spesiaal ’n nuwe liedjie skryf om vir die eerste keer hier te speel.”
Gewone kaartjies kos N$295 vir volwassenes en N$150 vir kinders tussen 4 en 12, terwyl VIP-kaartjies N$2 500 vir volwassenes en N$495 vir kinders tussen 4 en 12 kos. Hierdie kaartjies gee jou vinnige ingang, toegang tot die VIP area en sitplekke met ’n eie kroeg en toilette.
Vir meer inligting en kaartjies, besoek http://www.liefdebydiedam.co.za