Liefde by die Nam is terug!

Sluit aan vir nóg ’n onvergeetlike dag van goeie musiek, lekker vibes, en fantastiese optredes by die tweede Liefde by die Nam-fees! Na die sukses van verlede jaar se geleentheid, is ons terug in Windhoek met 'n ongelooflike reeks topklas Afrikaanse pop- en alternatiewe kunstenaars.
Op vanjaar se program is Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Die Piesangskille, Early B,Justin Vega, Robbie Wessels, Rikus Nel, Spoegwolf, Appel, Jack Parow, Riaan Benade, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld en die spesiale Namibiese kunstenaars Sagarias Tsam, Lin-Mari en Vaughn Ahrens.
Liefde by die Nam is die suster-konsert van die epiese Liefde by die Dam wat elke jaar in Johannesburg en Kaapstad plaasvind.
Daniël Marais van die nuwe treffer-groep Die Piesangskille, wat vir die eerste keer vanjaar by die konserte in al drie die stede gaan optree, vertel dat hy so paar jaar gelede as jong musiekliefhebber by twee Liefde shows was. “Elke keer as ek by die huis kom vertel ek my vriende: Dit was INSANE! So dit is regtig vir ons ’n groot voorreg om hierdie keer op die verhoog te wees. Ons kan nie wag om die liefde met almal nou vanaf die verhoog te deel nie.”
“Liefde is een van die awesome-ste konserte waarvan ek nog ooit deel was,” sê Robbie Wessels. “Dit het ’n great vibe, so baie energie en gees. Met my set by Liefde by die Nam gaan ek net probeer om almal lekker te laat kuier. Ek bring al my groot hits soos Leeuloop, Asseblief my lief, Skinnidip en meer.”
Early B tree ook vanjaar weer by al drie Liefde konserte op. “Liefde by die Dam en Nam is vir my sover elke jaar van die grootste geleenthede om my liefde vir musiek te deel met skares van duisende mense. Dis A-mazing!”
Appel beaam tong in die kies: “Vanaf Liefde by die Dam tot Liefde by die Nam, is daar maar niks noravlok wat dit kan vervang!”
Kosmos 94.1 is weer die eksklusiewe mediavennoot vir Liefde by die Nam.
Moenie dit misloop nie – koop jou kaartjies nou by www.liefdebydiedam.co.za
• Algemene toegang: N$299
• VIP (sluit vinnige toegang, toegang tot VIP-gebied, en sitplekke met eie kroeg en toilette in): N$2999
• Kinders (4-12 jaar): N$200
• Kinders onder 4: Gratis