Lizz Meiring kom kuier

Yandi Du Plessis
Die bekroonde en immergewilde Suid-Afrikaanse komediant, Lizz Meiring, kom kuier op 13 Julie in Windhoek by Droombos.
Lizz, bekend vir haar rolle in Molly en Wors en Huis Lelieveld, kom vermaak Namibiërs met haar splinternuwe verhoogstuk, Een maal per week is genoeg, en dit beloof ’n aand van skaterlag en heerlike kuier te wees!
Kom geniet die aand saam teen N$250 per persoon; let daarop dat die vertoning 'n ouderdomsbeperking van 14 jaar.
Bespreek kaartjies vir dié vertoning via https://www.quicket.co.za/events/namibia/.
Op 15 Julie tree Lizz ook op in Otjiwarongo by die C'est Si Bon Hotel met haar verhoogstuk Kameras, Kleedkamers en Konserte.
Dié twee optredes se opbrengste is ten bate van Altersheim Otjiwarongo – die dorp se aftree-oord.
Altersheim Otjiwarongo bestaan sedert 1968 en is tans die tuiste van 75 bejaardes. Dit is ‘n geregistreerde welsynsorganisasie wat elke sent ten bate van die bejaardes twee keer omdraai. Die oord is bekend vir die liefde en omgee waarmee inwoners versorg word.
Bespreek kaartjies vir die vertoning in Otjiwarongo by Leandri of Ute by 067 308 500.