'n Jaar van veerkragtigheid deur die lens
Yandi Du Plessis
Sluit op 23 Maart by die Goethe-Institut aan vir die amptelike opening van die foto-uitstalling The Year of Resilience, waar werke van Oekraïense en internasionale kunstenaars oor die onderwerp van lewe, hoop, lyding en heldedade gedurende een jaar van oorlog in Oekraïne ten toon gestel sal word. Die uitstalling word aangebied danksy die ondersteuning van die Duitse ambassade in Namibië. Toegang tot die openingsgeleentheid en uitstalling is gratis