Net liefde vir Namibië onder SA se grootste kunstenaars!

Maak reg vir Liefde by die Nam!
Na die sukses van verlede jaar se Liefde by die Nam-afskop, is die gewilde fees volgende naweek terug in Windhoek met topklas Afrikaanse pop- en alternatiewe kunstenaars op ’n wêreldklas verhoog.
Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Die Piesangskille, Early B, Justin Vega, Robbie Wessels, Rikus Nel, Spoegwolf, Appel, Jack Parow, Riaan Benade, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld en spesiale Namibiese kunstenaars Sagarias Tsam, Lin-Mari, en Vaughn Ahrens gaan sorg vir ’n onvergeetlike musiek-dag, met Neville Basson is die MC.
Die Suid-Afrikaanse kunstenaars wat by Liefde by die Nam optree, is dit eens dat Namibië een van die mooiste lande in die wêreld is. Karlien van Jaarsveld sê: “Namibië se mense is lekker mense en dit maak dit vir ons lekker. Ons gaan alles gee op daai verhoog!”
Early B sê die Namibiërs se gesindheid en gasvryheid maak dit vir hom spesiaal. “Hulle hou hard partytjie en praat so lekker Afrikaans. Ek voel altyd goed wanneer ek my taal met liefde kan deel. Ek kom met die lekkerste set wat ek nog ooit in Nam gedoen het. Ek gaan ook my nuutste liedjie daar doen wat nog moet uitkom, so hulle hoor dit eerste en ekslusief by Liefde by die Nam. Hulle sal moet reg kom om te dans.”
Robbie Wessels vertel: “Daar is ’n bekoring aan Namibië wat mens nie regtig in woorde kan beskryf nie. As mens ry daar op die soutpaaie tussen Walvisbaai en Henties dan voel mens dit. Dit is net super spesiaal. Ek bring my grootste kuier-liedjies. Hoop ek sien julle daar!”
Jack Parow maak so gereeld as moontlik ’n draai in Namibië. “Ek LOVE dit daar. Die mense het so baie gees. Van my set by Liefde by die Nam kan hulle groot energie, groot spiere en groot doppe verwag. Dit gaan juig lat die die walms styg!”
Maak gereed vir 'n ongelooflike dag van musiek, liefde en pret!
Koop jou kaartjies nou by www.liefdebydiedam.co.za
Pryse
Algemene toegang: N$299
VIP (sluit vinnige toegang, toegang tot VIP-gebied, en sitplekke met eie kroeg en toilette in): N$2999
Kinders (4-12 jaar): N$200
Kinders onder 4: Gratis