NFC op soek na voorstelle vir webreekse

Yandi Du Plessis
Die Namibiese Filmkommissie (NFC) nooi onluikende filmmakers om voorleggings vir moontlike webreekse in te dien vir die 2023-’24-finansieringsiklus.
Die NFC beskou webreekse as enige konsep – met of sonder ‘n draaiboek – wat aanlyn in episodevorm vrygestel kan word.
Kandidate moet aan sekere vereistes voldoen, naamlik: Dit moet ‘n geregistreerde Namibiese maatskappy wees; ‘n span moet ‘n skrywer en regisseur hê; alle spanlede hoef nie Namibiërs te wees nie; dit moet die eerste keer wees dat ‘n maatskappy NFC-finansiering ontvang; en die maatskappy moet ‘n lid van ‘n erkende plaaslike rolprent-instelling wees.
Aansoeke moet voor of teen 31 Julie om 17:00 by die NFC ingedien word en is beskikbaar via [email protected].