Tienertoneel eersdaags weer in Windhoek
#TienertoneelATKVNam
Die ATKV-tienertoneelstreek sal op 11, 12 en 13 Julie in die hoofstad by die NG-kerk in Pionierspark op die planke wees. "Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek steeds ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders," sê die ATKV-webtuiste. Die Noordwes-, Kalahari- en Namibië- koördineerder vir die ATKV, Marco van den Berg, het aangedui dat Suid Afrikaanse akteur en televisieaanbieder Theunis Nel, Bravo!-aanbieder Ilne Fourie asook die skrywer Prof. Piere-André Viviers as beoordelaars by hierdie geleentheid sal betrokke wees.