Oryx se nuwe sentrumbestuurkantoor nou oop

“Baie winkelsentrums word uitgedaag deur wisselvallige besoekersgetalle en huurderomset. Hierdie uitdagings het ernstige gevolge, wat daartoe lei dat winkels en selfs hele winkelsentrums regoor die wêreld sluit. Die enorme hoeveelheid aanlynbesteding wys verder dat verbruikers hul inkopiebehoeftes aanlyn dek, wat lei tot minder gereelde besoeke aan hul plaaslike winkelsentrum,” sê Edelweiss Junius, nuwe sentrumbestuurder vir die Gustav Voigts, Baines winkelsentrum en Urban Village by Elisenheim – kleinhandeleiendomme wat deur Oryx Properties Beperk besit word.
“Alhoewel dit een van die redes kan wees vir wisselvallig besoekersgetalle en ’n gebrek aan huurinkomste, het die kleinhandelverbruiker steeds ’n voorliefde daarvoor om ’n inkoopsentrum fisies te besoek.”
Sy het haar opgewondenheid uitgespreek oor haar nuwe rol, die nuwe kantoor en al die gebeure by die verskillende Oryx-eiendomme wat sy bestuur.
“Het jy geweet dat daar talle nuwe huurders by Gustav Voigts is, insluitend ’n nuwe Seattle-koffiewinkel, ’n sjokoladewinkel en meer winkels is in die pyplyn. Checkers, ons ankerhuurder, is ook besig met opgraderings wat die nuutste en beste sal bied en ons waarborg ’n verbeterde inkopie-ervaring vir almal,” het sy gesê.
By die Baines-winkelsentrum is ’n nuwe voorkoms en gevoel ook sigbaar.
“Ons is besig met verskeie veranderinge daar en het positiewe terugvoer gekry van kliënte wat hierdie winkelsentrum gereeld gebruik. Al die OTM’e is na ’n sentrale punt verskuif wat bydra tot ’n veiliger omgewing vir ons kliënte en ’n paar kleiner winkels is vir ons plaaslike entrepreneurs geskep. Ons nooi almal om te kom inloer en self te sien hoe Baines verander en verbeter. Terugvoer van ons huurders en verbruikers word altyd ernstig opgeneem en ons spreek kwessies so spoedig moontlik aan.”
Die drie Oryx-winkelsentrums onder Edelweiss se bestuur is elkeen op hul eie manier uniek en ’n besoek werd.
“Ons is trots op Gustav Voigts wat die land se eerste winkelsentrum was, en dit bied eksklusiewe winkels soos Nakara, Safariland, en die enigste Patrick Mavros Juwelier in Namibië. Baines in Pionierspark het ook sy trekpleisters soos ’n supermark en restaurant wat tot laat oop is en ’n troeteldierwinkel, City Pets, met sy eie hondesalon.
“Ons nuutste toevoeging tot die Oryx-stal – die gewilde Urban Village Elisenheim – is ’n leefstylsentrum in ’n natuurlike omgewing en opelug-sitarea waar jy ’n pizza by Slice Above en ’n koue bier kan geniet. Ons is ook trots om Elisenheim Veeartsenykliniek te verwelkom wat spog met 'n splinternuwe teater. Hierdie buurt spog ook met ’n pre-primêre skool, Tiny Tots and Tall Tales.”
Edelweiss verwelkom enigeen by haar nuwe kantoor wat by die Gustav Voigts Sentrum geleë is en waaruit verskeie verantwoordelikhede soos skoonmaak, parkeerareabestuur, sekuriteitsdienste, skakeling met die sentrum se huurders, geleentheidsbeplanning en bemarking versorg word.