Lukzet Hentiesbaai onder nuwe eienaarskap

Lukzet wat in Sandstraat 1925 op Hentiesbaai geleë is, het op 5 Julie sy Grand Opening Bash aangebied.
Dié verwelkomingsgeleentheid was gesinsvriendelik en daar was hope pret vir almal.
Droomsindroom en Refentse van Suid-Afrika het op Vrydag- en Saterdagaand die gehoor vermaak. Plaaslike kunstenaars het ook opgetree.
Daar was ’n Dag- en Nagmark waar plaaslike professionele persone hul vaardighede ten toon gestel het met heerlike tuisgemaakte produkte, geskenke en dekor.
By die biertent was daar verversings en yskoue drankies vir die dorstiges. Loterytrekkings en kompetisies is deur die loop van die dag aangekondig.
Vir die kinders was daar ’n lekker en veilige speelarea om hulle besig te hou en ons troeteldieretuin was beslis ’n trekpleister. Daar was ook speletjies, lekkernye, ponieritte en nog baie meer.
Die hongeriges is bederf met ’n spitbraai, potjiekos, braai, pizza en ander lekker kos. Daar was ook ’n verrassingsoptrede op die Vrydagaand wat nie misgeloop kon word nie! The Elementz van Namibië het die verhoog behoorlik aan die brand gesing met hul uitstekende vertoning.
Die opening was ’n groot sukses en daar word beplan om talle soortgelyke geleenthede in die toekoms aan te bied.

Wat kom nog?
Ons het begin met die opening van die kroeg en restaurant, met ’n uitgebreide en avontuurlustige spyskaart.
Ons bied ook elke Sondag ’n heerlike buffet aan. Daar is reeds twee gastekamers vir verblyf, en ons beplan deurlopende vermaak vir kinders, volwassenes, tieners en pensioenarisse.
Ons Westerse-styl instansie skep ’n warm atmosfeer en ons personeel is vriendelik en professioneel. Fase 2 en 3 sal selfs meer akkommodasiegeriewe insluit, maar ons hou die besonderhede ’n verrassing! Daar sal groot verrassings langs die pad wees, maar alles sal op die regte tyd bekend gemaak word.
Ons hoofdoel is om voorsiening te maak vir ’n wye verskeidenheid kliënte en om elke besoek aan Lukzet onvergeetlik te maak. Lekker kos, goeie mense en ’n fantastiese atmosfeer – heerlik, heerlik!

Visfees
Lukzet sal beslis by die Visfees wees.
Ons Lukzet-koswaentjie sal jou verras met die lekkerste feeskos en vriendelike mense!
Maak ’n draai by ons en maak seker dat jy nie hierdie fees misloop nie. Bring jou gesin Hentiesbaai toe en kom geniet die naweek saam met ons.
– Lukzet Hentiesbaai