Maak jou tuis by Die Strandwolf

Leandrea Mouers
Gustav Dreyer en sy vrou, Elecia, is die dryfkrag agter Die Strandwolf – die nuwe, moderne selfsorgeenhede op Hentiesbaai.
Dreyer vertel dat die idee vir Die Strandwolf ontstaan ??het toe hy en sy vrou idees oor ’n bottel rooiwyn uitgeruil het.
“Ons het gereken daar is baie verblyfplekke in Hentiesbaai, maar bitter min seefront, selfsorg en bekostigbare plekke vir almal.
“Ons het toe met die idee vorendag gekom om vyf tweeslaapkamer-selfsorgeenhede te bou – elk met ’n seeuitsig. Ons bied iets uniek aan ons inwoners, sowel as aan diegene wat op Hentiesbaai kom vakansie hou.”
Behalwe vir sy unieke aanbod – pragtige stranduitsig vir elke selfsorgeenheid – het dit ook ’n unieke naam, Die Strandwolf.
“Natuurlik is Afrikaanse name uniek. Ons het baie hard daaroor gedink en my vrou het met die naam vorendag gekom.
“Ons het een oggend op Walvisbaai gaan draf en ’n klomp strandwolwe gesien.
“Ons het toe besluit op Die Strandwolf, want dis uniek, dis Afrikaans, en vir die buitelanders glo ons is dit ook ’n goeie trekpleister, want baie toeriste kom na Namibië vir ons wilde diere.”
Dreyer vertel dat Die Strandwolf die beste plek is om te ontspan, ’n vuurtjie aan te steek, en die uitsig te geniet.
“Ons slagspreuk is 'Feel the Ocean'. Wanneer jy hier op die balkon staan en jy maak die skuifdeure oop, hoor jy die see, ruik jy die see, en jy voel jy is by die see. Natuurlik bied ons ook goeie, vriendelike diens!”
“Kom kuier by Die Strandwolf, die beste selfsorgeenhede op Hentiesbaai!”
Kontak ons vandag by 081 468 0543 of [email protected].
[email protected]