Redaksionele kommentaar

Wat is ? beter manier om die jaar af te sluit as met ? opwindende Orakel uitgawe.. Die Naartjie familie het gedurende die 2023 kalenderjaar verskeie merkwaardige ervarings beleef. WBPS het ? uitstekende jaar vol sport en kultuur toekennings agter die rug soos, ons o/13 Netbalspan wen hul liga en die 0/13 krieketspan verower ? tweede plek in hulle liga en ons kon spog met splinter nuwe hokkie en netball bane by die Woestynfees en Privaatskole. Oranje bloed het sterk geklop in Frankryk by die Rugby wêreld beker in ons oud skoliere se are. Ons verwelkom Meneer Tony Tripodi as onderhoof en Meneer Philip van Niekerk as ons laerskool onderhoof. WBPS se kultuurdiere het geskitter in Tsumeb by die NNKK fees. Ons neem ? hartseer afskeid van ons matrikulante gedurende die matriekafskeid en Valedictory. Ons oranje familie het gedurende die jaar geskiedenis gemaak en Walvisbaai se naam hoog gehou. Die jaar vol opwinding het die Naartjie familie een ding geleer, ? familie wat saam bid, groei saam en as jy God aan jou sy het kan jy enigeiets bereik.