Welkom by Jakkalsputz Restaurant

Cornel en Gerhard Spangenberg het in November 2023 die ou Orca op Hentiesbaai omskep van ’n koffiewinkel in ’n fantastiese nuwe restaurant, wat vandag bekend staan ??as Jakkalsputz Restaurant Hentiesbaai.
Hier bied ons nie net die lekkerste ontbyt nie, maar ook die beste steaks, ribbetjies, pizzas en hamburgers.
Moet ook nie van ons smaaklike kabeljou, sag-soos-doek-calamari en watertand-voorgeregte vergeet nie.
Ons het die beste koffie op die dorp, en terwyl jy jou voertuig by ons karwas laat was, kan jy aan ons tuisgebakte lekkernye smul. Ons bied die heerlikste peppermint crisp-tert, appeltert, kaaskoeke en ander klein gebak.
Vir die bierliefhebbers het ons die koudste “on-tap drafts”, lekkerste wyne, harde hout en die beste melkskommels vir die kinders.
Ons het ’n pragtige biertuin met televisievermaak en ’n sandput met ’n groot tekenbord en wipplank waar die kleingoed kan speel terwyl jy ontspan en heerlik eet.
Ons bied ook ’n burger-uitdaging aan, so as daar dapper manne en vroue is wat dit tydens die Visfees wil aandurf, nooi ons jou hartlik uit. Kom wys vir ons wat in julle steek, en dalk verskyn jy op ons Wall of Fame.
As jy nog nie die nuwe Jakkalsputz Restaurant besoek het nie, kom kuier gerus by ons – jy sal nie spyt wees nie. Ons is reg langs die Total-vulstasie in die hoofstraat geleë.
Ons wag vir jou met ons vriendelike, huislike atmosfeer en die beste kos en diens.
– Jakkalsputz Restaurant Hentiesbaai