Colas is hier om te bly

Leier in padinfrastruktuur
Colas is reeds dekades lank 'n wêreldleier in die konstruksie en instandhouding van vervoerinfrastruktuur.
Colas Namibia – geleë in Okahandja se nywerheidsgebied – is ’n spesialisvervaardiger en toediener van bitumin bindmiddels en flodder (slurry) vir padbedekking. Die aanleg help om te verseker dat die Namibië ’n leier in padinfrastruktuur bly.
Colas verskaf ’n volledige reeks bitumen bindmiddelprodukte vir padbedekking, insluitend bitumenemulsies; polimeer gemodifiseerde bindmiddels asook polimeer gemodifiseerde bitumenemulsies; penetrasie en inkrimping van bitumen; en konvensionele flodder en mikrooppervlaktes.
In gesprek met Riaan de Kock van Colas Namibia, het hy gesê wêreldwyd is Colas een van die grootste konstruksie maatskappye. “Hulle het in 2000 na Suider-Afrika uitgebrei en ons by die destydse Murray & Roberts uitgekoop.”
Wat vandag as Colas Namibia bekendstaan, het in die vroeë 1960's as ’n depot in Keetmanshoop begin waarna dit na Okahandja getrek het.
Met hul noue bande met Colas Frankyk, “stel dit ons in staat om ’n hele reeks hoë-tegnologie produkte in die plaaslike mark bekend te stel,” het Riaan gesê.

Spesialisprodukte
“Toe Colas inkom het ons ’n ooreenkoms aangegaan dat ons nie die kontrakteursbedryf sou betree nie, maar eerder as ’n verskaffer aan die bedryf sou dien om hulle te voorsien van die spesialisprodukte in die padbou.
Daarmee saam het Colas Frankryk moderne tegnologie ingebring. Die Okahandja-aanleg, wat in 2005 heeltemal opgeknap is, word beskou as die modernste in Suider-Afrika. Dit is in sy geheel uit Frankryk ingevoer en het 'n kapasiteit van 15 metrieke ton per uur en is ten volle outomaties. Die aanleg is ook toegerus met 'n gehaltebeheerlaboratorium waar elke produk streng getoets word voordat dit versend word.
By die aanleg word bitumen in sy koue vorm ontwikkel in ’n meer verbruikersvriendelike vorm. “Dis soos ’n vetdruppeltjie in water. Dis hoe ons die bitumen emulsie ontwikkel. Eintlik is dit ’n baie ou tegnolgie, wat uitvloei in allerlei produkte vir verskillende aanwendings.”
Hulle gaan ook ’n stap verder en bied spesialis toerusting aan die mark om die aanwending van die produk te vergemaklik.
Riaan sê daar is baie intersante produkte beskikbaar, soos rubber "crumbs" wat afkomstig is van ou buitebande en wat hulle verwerk. “Ons het ’n goeie 13 emulsies wat op die mark beskikbaar is wat versterk is met latex, wat ’n sintetiese rubber is.
“Ons is nou besig met ons eerste kontrak waarvoor ons agregaat aangekoop het en waarvoor ons ook vir die applikasie daarvan verantwoordelik is. So, ons doen dan nou al amper die hele sirkel van seëlwerk.”

In Namibië, vir Namibië
Hy verduidelik dat daar verskillende soorte padseëls op die mark beskikbaar is. “Dit hang af van die verkeersvolume, die toestand van die bestaande pad; en ons kyk ook na die kostes ten opsigte van wat beskibkaar is.”
Watter produk is veral geskik vir Namibiese toestande?
“Ons moet natuurlik kyk na wat die ingenieur wil hê, maar die gewildste die 19mm en die 13 mm ‘Cape Seal’ vir dorpstrate, maar vir aanloopbane is dit ’n baie spesifieke produk - ons noem dit ‘hot asphalt’ wat dan ook met spesiale toerusting toegedien word. Ons het nie op die oomblik hierdie spesifieke toerusting in die land nie, maar toe ons aan die Ondangwa lughawe werk, het Colas vir my 'n spesiale span uit die Seychelle gestuur en toerusting uit Suid-Afrika. Ons het die werk in rekortyd voltooi, en die gehalte is die beste.”
Dus dan ook geen verrassing dat hulle ’n goeie 80 persent van die mark bedien nie.
Sommige groot projekte wat Colas in die afgelope 20 jaar aangepak het, sluit 'n 210 km-pad tussen Kongola en Katima Mulilo in, asook die 210 km-pad tussen Gobabis en Otjinene. Hulle was ook betrokke by die 90 km-pad tussen Gobabis en Aminuis, en die 45 km-pad tussen Eenhana en Oshikango.
“Ons is al lank hier en ons is hier om te bly. Ons waarborg ons werk, en ons maak seker ons lewer die beste gehalte wat aan wêreldstandaarde voldoen.”
Vir tegniese advies en kwotasies, kontak Riaan en sy span by 062 501 274.