Tilda Viljoendam ’n skamele 4,7% vol

Francoise Steynberg
Damvlakke van Gobabis is skrikwekkend laag wat volgens die jongste dambulletin van NamWater gesamentlik 2,4% van hul kapasiteit vol is teenoor verlede jaar se 7,7%. Op die foto is die Tilda Viljoendam met sy vlak op 4,7%, so leeg dat ’n voertuig en mense in die middel van die dam opgemerk is. Die Otjivero-hoofdam is 3,5% vol, Daan Viljoendam staan op 2,1% en die Otjivero-slikdam is byna dolleeg op 0,9%. Die land se opgaardamme is gesamentlik 54% vol teenoor verlede jaar se 66,6%. Sentrale damme is gesamentlik 16,5% vol teenoor verlede jaar se 34,2% met die Von Bachdam se vlak op 11,2% nadat water vanaf die Swakoppoortdam en noordelike waterbronne gepomp word. Suidedamme is 61,2% vol, leër as verlede jaar se 74,7%. Die Hardapdam was verlede jaar dieselfde tyd 36,2% vol en staan nou op ’n skamele 10,7%. Foto Francoise Steynberg