DHPS hou (wyn)fees

Yandi Du Plessis
Die DHPS Wine Fest word op Vrydag 15 September aangebied. Saam met keurwyne, soet happies, pizza vars uit die oond, musiek en 'n wynveiling, kan jy 'n ontspanne skemerkelkie geniet. Kaartjies kos N$450 en sluit ’n wynproesessie, vingerhappies, musiek en die veiling in. Om vooraf kaartjies te koop of vir enige navrae, kontak 061 373 145/102 of [email protected].