PAS IN: Japannese fliekaand by die NTN

Yandi Du Plessis
Sluit op Woensdag 20 September by die Nasionale Teater aan vir ’n Japannese fliekaand.
Die ambassade van Japan in Namibië rig 'n ope uitnodiging aan kykers om ’n Japannese animasierolprent vir een aand by die NTN te sien. The Place Promised In Our Early Days is ’n verhaal wat drie vriende volg wat in Aomori, in die noorde van Japan, woon - twee seuns, Hiroki Fujisawa en Takuya Shirakawa, albei kinderjarevriende; en een meisie, Sayuri Sawatari. Hierdie drie jong klasmaats word gefassineer deur die reusagtige dog geheimsinnige toring wat hulle oorkant die Tsugaru-straat sien, en belowe dat hulle eendag ’n vliegtuig sal bou en na die toring sal vlieg om sy raaisel te ontrafel.
Die fliek begin om 18:00 speel en toegang is gratis.