Rehoboth ‘rap’ dat die biesies bewe
“Baie van ons ouens het talent en ek wil net vir hulle ’n verhoog gee.”Só sê Amor McNab oor die inspirasie agter die Afrikaanse Hip-Hop-fees wat op Saterdag 3 Mei op Rehoboth plaasvind.
Amor sê haar idee vir die fees het gespruit uit die hoop om ’n verskil te maak in die dwelmprobleem wat haar dorp teister.
“Ek het op Rehoboth grootgeword, so ek weet hoe dwelms misbruik word. Hierdie ouens het talent – hulle sit en sing vir mekaar hier onder die bome.
“Baie van hulle het niemand by die huis om mee te praat nie, so nou vertel hulle vir mekaar hul stories in hul musiek,” sê sy.
Deur hierdie talentvolle kletsrymers ’n platform te gee wat hulle met groot name soos Jericho en Ixa kan deel, hoop Amor dat dit hul hoop in hulself kan herstel.
“Ek wil dit gereeld doen – elke jaar – dan kan hulle ook tyd kry om twee of drie of vier treffers te gaan skryf, maar hulle moet my dan belowe dat hulle van die bome sal wegbly,” sê sy. - [email protected]