Seekos- en wynfees dié naweek

Yandi Du Plessis
The Deep Dive Seafood and Wine Festival se doel is om seekos- en wynliefhebbers van regoor die land bymekaar te bring en ’n onvergeetlike, gesinsvriendelike ervaring aan hulle te bied.
Die fees word eerskomende Saterdag 2 September vanaf 11:00 tot skuins voor middernag by die Trustco United-sportgronde aangebied.
Hierdie eendagfees bied vermaak deur plaaslike musikante soos The Ell’s, Naledi, Samson Brothers en Riaan Smit asook ’n uitgebreide reeks wynvariëteite en mondwater-seekosse soos vars oesters en soesji.
Kaartjies vir volwassenes kom met ’n komplimentêre wynproeglas en vyf wynproegeskenkbewyse.
Kaartjies is aanlyn beskikbaar by https://www.howler.co.za/deepdive en by die hek teen N$250.
Gaan loer op The Deep Dive se Facebookblad vir die feesspyskaart en die dag se program.