#PASIN: Konsert steun kwesbare kinders

Yandi Du Plessis
Die Mammadu-trust se primêre skool en kindergarten in Otjomuise en die kinders van die Every Nation-gemeente in Otjomuise bied op Saterdag 3 Junie ’n liedfadigheidskonsert by die Zoo Park-amfiteater aan. Hier kan die gehoor sang- en dansoptredes deur die kinders geniet en terselfdertyd ’n goeie doel ondersteun.
Donasies in die vorm van skool- en gewone klere, boeke, inkleurboeke, skryfbehoeftes en geldelike skenkings (uitsluitlik deur die skool se bankrekening) is welkom.
Die Mammadu-trust sien om na kwesbare- en weeskinders.