Eerste inskrywings vir bruidskompetisie

Die eerste ronde van Republikein se gewilde Bruidspaar van die Jaar-kompetisie het afgeskop, met paartjies wat tussen 1 Maart 2024 en 30 Junie 2024 getroud is wat in aamerking kom om vir dié ronde in te skryf.
Inskrywings vir diè ronde sluit op 30 Julie 2024. Deur nou in te skryf, staan paartjies die kans om as een van ons tien finaliste gekies te word.
Moet ook nie ons splinternuwe program, TrouRok & Roll, misloop wat op 1 Augustus begin nie. Die program fokus op alles wat met troues en huwelike te doen het en word op al ons sosialemediaplatforms sowel as DStv en GoTV-kanale uitgesaai.
Vir meer inligting, kyk uit vir ons gereelde inskrywingsvorms en QR-kodes of stuur ’n e-pos aan [email protected].
Op die foto is een van ons eerste inskrywings, die pasgetroude Jana en De Wet Jacobs.