Hoofseun

Wat dit vir my beteken om hoofseun te wees is om ander kinders rondom my te inspireer om die beste weergawe van hulself te wees. Dit is vir my baie belangrik om ‘n goeie voorbeeld te stel en om die skool se naam hoog te hou, maak nie saak waar nie. Ek wil probeer om 'n merk in die skool te maak, om iemand te wees waarna die kinders opkyk. Al maak ek ook foute, is dit belangrik om dit agter te laat en om vorentoe te kyk en jouself te verbeter sodat jy die wêreld om jou 'n beter plek maak. Dit is my passie om te help met gemeenskapsprojekte en ek dink in my tyd as hoofseun kon ek daardie drome uitleef. Privaatskool Keetmanshoop het my as hoofseun aangemoedig om die beste weergawe van myself te wees.