Nictus Napso Kuns- en Kultuurtoergroep aangekondig

Kultuurtoer deur Namibië
Die Napso-kultuurspan wat in Oktober op toer gaan, is aangekondig.
Aldo Horn Ná die verloop van die Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees wat in Walvisbaai plaasgevind het, is daar ook oudisies vir die Napso-kultuurspan gedoen. Leerders van Napso-skole regoor Namibië het deelgeneem en die span is verlede week bekendgemaak.
Ná die verloop van die Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees wat in Walvisbaai plaasgevind het, is daar ook oudisies vir die Napso-kultuurspan gedoen. Leerders van Napso-skole regoor Namibië het deelgeneem en die span is verlede week bekendgemaak.
Spanlede
Esther Titus (Edugate), Mira Theron (WAP), Magdaleen Pretorius (Moria), Mindi Odendaal (International School of Walvis Bay), Henré Opperman (Gobabis Gim), Jemimah Kotze (Tsumeb Gim), Boa Chen (PSS), Pieter Kotze (International School of Walvis Bay), Johandré Badenhorst (Edugate), Stefan Goosen (WBPS), Jahzara Kotze (Tsumeb Gim), Jana Duvenhage (WBPS), Lynette de Klerk (Elnatan), Sebastian Cloete (Pro-Ed), Jeandré Bruwer (WBPS), Survivor Alfeus (Pro-Ed), Khloë Loubser (Pro-Ed), Emily Sparg (International School of Walvis Bay), Anne Koch (Berg-Op), Johan van Wyk (WBPS), Gorden Gadney (WAP), Anri Tripodi (WBPS), Richard Jonck (WAP), Amani Denk (KPS), en Joné Kühn (Tsumeb Gim) is almal in die span opgeneem.
Hierdie span gaan van 23 tot 27 Oktober op toer deur Namibië. Hulle eerste optrede vind daardie Donderdag by Pro-Ed Akademie plaas. Die Vrydag reis hulle na die ooste om by Gobabis Gimnasium op te tree, en Saterdag maak hul die laaste draai op Outjo by die Privaatskool Moria.
Oefeninge
Dentie Louw van Pro-Ed Akademie toer saam met die span en sê hulle maak groot planne om te oefen omdat al die leerders so ver van mekaar is. “Die oefening gaan apart plaasvind, want dis nie moontlik vir almal om gereeld op dieselfde plek te wees nie,” verduidelik hy. “Daarom gaan ons gebruik maak van video-oproepe oor WhatsApp of Zoom om by te bly.”
Die leerders kom egter op 23 Oktober bymekaar om saam te oefen. Dit gee hulle ’n laaste kans om finaal seker te maak alles is gereed voor die groot toer.