The Little Shop of Physics-projek geloods

Zoe Karsten
Die One Economy Foundation het deur #BeFree saam met B2Gold gewerk om The Little Shop of Physic-projek van stapel te stuur.
Die bekendstelling het op 24 Junie by die STEM-sentrum van die #BeFree-jeugkampus plaasgevind.
The Little Shop of Physics verteenwoordig ’n samewerking tussen die One Economy Foundation en B2Gold, wat daarop gemik is om Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde in Namibië te verbeter met 'n spesiale fokus op Fisika. Hierdie samewerking oorskry die grense van tradisionele onderwys deur innoverende geleenthede aan jong Namibiërs te bied. So word hulle potensiaal in Fisika verbeter deur praktiese leerwerk en interaktiewe ervarings.
Voorts is hierdie inisiatief daarop gemik om nuwe leergeleenthede te ontwikkel wat wetenskaponderrig meer toeganklik maak. Kinders uit hierdie groep het nou die geleentheid om toegang tot hulpbronne te verkry, te leer en hul passie vir wetenskap te bevorder.
Tydens die geleentheid het me. Shasheeda Mberira, 'n kliniese sielkundige van die One Economy Foundation, die volgende gesê: "Wanneer 'n jong mens hierdie fasiliteite betree, word hulle met respek behandel. Hulle word onvoorwaardelik aanvaar sonder oordeel en diskriminasie."
Mberira het verder genoem sy is verheug dat hierdie beginsels implementeer kan word in die dienste wat op kampus gebied word. "Ons programme is geslagsneutraal en bevorder dienste gelyk vir almal."
Volgens mnr. John Roos, die landbestuurder van B2Gold, rus LSOP op vier beginsels: "Gesondheid, onderwys, lewensbestaan ??en die omgewing. Ons belê in Namibiese kinders omdat hulle die toekoms van ons land is. Ons wil Fisika maklik en lekker maak vir almal."
Ná die toesprake het belanghebbendes en gaste die OAFLAD-kampus (Organisation of African First Ladies for Development) besoek.
Daarmee is The Little Shop of Physics nou amptelik oop vir die gemeenskap en die publiek.