Wiskunde kamp vir ontwikkeling van leerders
In Januarie vanjaar het juf. Helena Wilders 'n opwindende kamp vir haar wiskunde leerlinge by Rock Lodge gereël. Al die wiskunde personeel sowel as mnr. Cilas Wilders en juf. Launa Moolman en haar gesin was deel van die groep kampers.Daar was verskeie lesings om die leerders te motiveer en waarmee hulle en die onderwysers meer oor hulleself kon leer.
Elke oggend is daar Godsdiens gehou voor die dag se aktiwiteite begin het.
Die studente kon paraseil en het ook verskeie hindernisbane voltooi en geleer om mekaar te vetrou terwyl hulle nuwe goed probeer het. Hulle het ook 'n nagmars gehou waar hulle in groepe gedeel is en by elke stop 'n som moes voltooi om aan te beweeg na die volgende plek.
Na al die aktiwieteite het die kinders tyd gehad vir swem en gesels.
Op die laaste aand het almal saam gebraai sodat hulle mekaar beter kon leer ken. Nuwe vriendskappe is gebou en 'n nuwe entoesiasme is vir wiskunde ontwikkel.
Juf. Helena Wilders het na afloop van die kamp gesê: “Die kinders het 'n baie goeie ervaring gehad en mekaar beter leer ken. Dit is beslis 'n kamp wat WAP maklik weer vir die graad 11’s sal hou.”