Okahandja se 'ystervrou' is 101

Henriette Lamprecht
’n Geliefde inwoner van Okahandja wat as die dorp se ystervrou bekend staan, is 101 jaar oud. Ouma Lena Bezuidenhoudt het Dinsdag haar verjaardag gevier omring deur haar nasate wat tot in die vierde geslag strek. Ouma Lena se geheue is nog goed, alhoewel haar sig en gehoor bietjie verswak het. Sy kan ook nog met die hulp van haar kinders rondbeweeg. Ouma Lena, wat deur haar familie as ’n ware Spreuke 31-vrou beskryf is, met haar waarde wat ver bo korale is en met ’n goeie sin vir humor, is op ’n gepaste wyse met koek en tee afgeskop.