Agra skenk N$150 000 vir droogtehulp

Francoise Steynberg
Agra se personeel het vrywillig die Agra Staff Initiative Fund (ASIF) gestig om boere in droogtenood te help. Altesaam N$50 000 is aan Droogtehulp Namibië geskenk en die uitvoerende komitee van Agra het ‘n bykomende N$100 000 bygedra. Die uitvoerende hoof van Agra, Arnold Klein, het die skenking aan Henriette Le Grange en die komiteelede van Droogtehulp Namibië in Windhoek oorhandig. Foto's verskaf