Basiese beginsels van braaikuiken-boerdery

Elvira Hattingh
Namibië se braaikuikenbedryf is ’n sterk groeiende sektor.
Vir ’n suksesvolle boerdery, is daar sekere stappe wat jy kan volg.
1) Stel doelwitte en beplan
Voor jy met ’n braaikuiken-boerdery begin, moet jy doelwitte uiteensit en ’n produksieplan ontwikkel. Doen navorsing oor hoeveel jy moet produseer, die markvereistes, hoe die kuikens geslag en verpak moet word en stel vas wat jou finansiële behoefte is. Stel ’n gedetailleerde plan op van hoeveel kuikens jy gaan grootmaak, die tydperk van produksie, en die hulpbronne wat jy gaan benodig.

2) Die regte ras
Kies ’n ras wat binne jou produksieplan pas, maar ook by plaaslike toestande kan aanpas. Doen navorsing onder leiers in die plaaslike mark – verskillende rasse het verskillende groeitempo’s en prestasievermoëns. Koop kuikens by ’n betroubare verskaffer wat gesond en siektevry is.

3) Hokke
Sorg vir geskikte hokke wat skoon en goeie ventilasie het en waar jy ’n mate van beheer oor die temperatuur kan uitoefen. Kuikens moet genoeg ruimte hê om te kan beweeg en te groei. Skaf geskikte voer- en waterbronne aan.

4) Voeding
Gesonde voer is noodsaaklik vir die groei en prestasie van braaikuikens. Raadpleeg plaaslike voedingskundiges by veevoermaatskappye om ’n geskikte voerformule of -program vir jou kuikens uit te werk.

5) Gesondheid en higiëne
Ondersoek jou kuikens gereeld om seker te maak hulle is gesond. Plaaslike konsultante by voermaatskappye kan jou gewoonlik help met enige tekens dat braaikuikens siek is. Sekere wetlike vereistes geld as dit kom by die verslagting van braaikuikens – om seker te maak voedselveiligheid, higiëniese toestande en menslikheid geniet prioriteit.
[email protected]