Beloftes van reën vir Maart tot Mei
Francoise Steynberg
- 1 Month Ago - 2025-02-18 00:00:00
Bogemiddelde reënval word tussen Maart en Mei vir die grootste dele van Namibië voorspel, maar ondergemiddelde reënval vir die verre suidweste van die land. Dit is volgens die Climate Watch-verslag van Januarie van die Namibië Meteorologiese Diens in die ministerie van werke en vervoer. Die foto wat die naweek in die Gamsberg-omgewing geneem is, is gedeel op die Weerinligting-WhatsApp-groep.