D-dag vir veeboere

Vandag is die laaste dag vir veeboere om hul brandmerke by die direktoraat van veeartsenydienste binne die ministerie van landbou, water en grondhervorming op te dateer.
Die veldtog is op 17 Julie vanjaar van stapel gestuur, in samewerking met die Vleisraad van Namibië, aangesien daar talle veebrandmerke is wat nie gebruik word nie, terwyl inligting oor produsente nie op datum gehou is nie.
Die ministerie sê brandmerke wat vir twee jaar of langer nie gebruik is nie, sal gedeaktiveer word. Die doel was ook om bewusmaking te skep oor hoe om brandmerke reg te gebruik, asook hoe veeprodusente aanlyn op NamLITS Online kan registreer en die webwerf reg te gebruik. Vir meer inligting kan NamLITS se kantoor by 061 208 342 gekontak word, of die Vleisraad se FAN Meat-kantoor by 061 275 844.
[email protected]