Gobabis Landbouskou pronk met pragdiere (Agri Monitor)

Francoise Steynberg
Ondanks die droogte het die Gobabis Landbouskou kwaliteit-diere opgelewer en veral die perdevertoning van Skai Arabians was uit die boonste rakke en vermaak vir oud en jonk. Bertus en Ina Calitz van Jonerus Charolais het omtrent die pryse tydens die interras-beeskampioenskappe ingeryg. Hul Charolais-koei wat al sewe kalwers opgelewer het, is as die kampioen van kampioene aangewys is. In die kleinvee-afdeling is \'n Persieram van Bertus en Barbara Pretorius as kampioen van kampioene aangewys. Die slagoskompetisie met ses slagosse is deur Edith Delport gewen. Des Hart van Okatjerute Braunvieh het die gewig van die slagoskompetisie op die hoef op 1 310 kg geskat, die naaste aan die korrekte gewig van 1 305 kg.