Ian Collard groet Namib Mills (Agri Monitor)

Francoise Steynberg
Die Namibië Landbou-unie (NLU) wens Ian Collard (regs), die uittredende uitvoerende hoof van die Namib Mills Groep van Maatskappye, alle voorspoed toe vir die nuwe ondernemings wat vir hom voorlê. "Ons spreek ons opregte dankbaarheid uit vir sy onwrikbare en volgehoue ondersteuning van georganiseerde landbou oor die afgelope 27 jaar. Ian, ons wens jou en jou gesin alle sterkte toe . Mag boerdery jou siel verryk in goeie sowel as uitdagende tye," is die boodskap van NLU-president, Thinus Pretorius (links) aan Collard. Foto NLU