Kommer oor lae vlak van Von Bachdam

Francoise Steynberg
Die damme in die sentrale gebied van Namibië se gesamentlike watervlak sal nie tot die volgende reënseisoen hou nie.
So het NamWater, die ministerie van landbou, water en grondhervorming en Stad Windhoek in ’n dringende waarskuwing gesê. Die Von Bachdam buite Okahandja se vlak is so laag dat vlotte reeds in die dam is en die water bereik nie meer die sluise by die damwal nie. ’n Eiland steek al kop uit in die middel van die leë dam. Foto’s en video Shaldon Johannes