LPO hou kleinvee-inloertoer

Francoise Steynberg
Die bestuur van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) besoek vanaf 12 tot 15 Augustus drie kleinveegebiede in die Suide om saam met sy lede oplossings te vind vir die uitdagings wat dié bedryf
tans ondervind.
Terugvoer sal gegee word oor optrede van die LPO en die dryfvere van kleinveepryse sal onder die loep geneem word.
Kleinveeprodusente wat lid is van die Namibië Landbou-unie (NLU) en of die LPO word hartlik genooi om hierdie vergaderings by te woon by die boereverenigingsale op:
• 12 Augustus: Aranos om 10:00;
• 13 Augustus: Aroab om 10:00; en
• 15 Augustus: Helmeringhausen om 09:00.
Lede wat graag hierdie dae wil bywoon, moet by hul onderskeie boereverenigingvoorsitters
Aanmeld. Navrae kan gerig word aan Rina Hough by [email protected] of 082 409 9320.
[email protected]