Meatco koop weer beeste aan uit NCA’s

Francoise Steynberg (verklaring)
Meatco het aangekondig die organiasie hervat sy program vir die aankoop van beeste van boere in die noordelike kommunale gebiede (NCA’s), wat uit die streke van Ohangwena, Oshikoto, Oshana, Omusati en Kunene bestaan.
Die program sal dwarsdeur 2024 voortduur. Meatco versoek alle boere wat gewillig is om hul beeste te verkoop, om hierdie geleentheid te benut.
Die prosedure om beeste te verkoop is soos volg:
• Boere, hetsy as ’n individu of ’n georganiseerde groep, moet by die Meatco-kantoor registreer om ’n bespreking te voltooi en 'n oorplaatjielys voor te lê vir maklike verifikasie op die Namlist-stelsel deur die direktoraat veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en grondhervorming.
• Beeste moet ’n sigbare veebrandmerk en oorplaatjies hê, en die Lewendehawe en Lewendehaweprodukte-raad se produsentenommer moet ook verskaf word.
• Voor vee gelaai word, moet boere vir ’n bewegingspermit aansoek doen, en slegs beeste wat gelys of vooraf gekies is, mag gelaai word.
• Indien ’n boer beeste op hul eie met ’n sleepwa of vragmotor wil aflewer, moet die sleepwa of vragmotor op die boer se eie koste skoongemaak en gewas word en by Meatco Rundu se uitvoer-abattoir ontsmet word.
• Slegs gesonde en geskikte beeste word toegelaat.
• Die verantwoordelikheid vir dierewelsyn, van die laai tot vervoer en aflaai, berus by die boer en die vervoerder om voorvrektes, kneusings en afkeuring te vermy.
• ’n Bevestigingsbrief van ’n bankrekening word vereis.
• Die wagtyd vir betalings is 10 dae vanaf die dag van aankoop of slag.
Die aangewese kwarantynsentrums is by Okongo, Omutambo en Oshivelo.
Vir meer inligting, kontak Daniel Shapumba Hangula by 081 278 9166 en Thimoteus Kativa by 081 274 5984.
[email protected]