Namibië voer weer SA hoendervleis in

Francoise Steynberg
Namibië mag weer hoendervleis van Suid-Afrika invoer.
Dit is volgens ’n mediaverklaring van die direktoraat veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en grondhervorming.
Slegs hoendervleis afkomstig van lewende pluimvee van bio-veilige pluimveeplase in Suid-Afrika, soos gelys deur die veeartsenykundige owerheid van die buurland, sal in Namibië toegelaat word.
Toe die verbod in September verlede jaar in werking getree het, het Jona Musheko, die woordvoerder van die landbouministerie, in ’n mediaverklaring gesê Suid-Afrika is as buurland Namibië se voorkeurverskaffer van hoendervleis.
Die eerste voëlgriepgevalle is in April 2023 in Suid-Afrika aangemeld. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) het destyds gesê hulle het te doen met twee verskillende stamme van die virus, die berugte H5N1 en 'n nuwe stam wat as H7N6 geïdentifiseer is.
[email protected]