Namibiese jaglui kom byeen in Salzburg

Francoise Steynberg
Verteenwoordigers van Namibiese jagmaatskappye en -plase, asook lede van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha), het verlede week die Hohe Jagd & Fischerei-skou in Salzburg, Oostenryk, bygewoon. Die politieke sekretaris van die Namibiese ambassade in Oostenryk, Lukas Shekwaanyena, en Namibiese ere-konsul Ingrid Weinberger het ook die skou bygewoon om Namibiërs te ondersteun. Mariaan Kok van Napha en Corinne van Wyk het die foto's geneem.