Nuwe naam vir Vleisraad (Agri Monitor)

Francoise Steynberg
Die naam van die Vleisraad moes verander word om die nuwe beheerde produkte, naamlik pluimvee en suiwelprodukte, in te sluit.
Wetgewing is in die Staatskoerant op 21 Augustus 2023 gepubliseer, wat veranderinge aan die reeks beheerde produkte van die Vleisraad meegebring het.
Ten einde die nuwe spesies en produkte onder die Vleisraad vaandel in te sluit, is besluit om die naam van die Vleisraad van Namibië te verander na die Lewendehawe en Lewendehaweprodukte Raad van Namibië (LLRN), of 'n verkorte weergawe, Lewendehawe Produkte Namibië (LPN). Die LLRN gaan nou die bees (melk, velle en huide), skape, bokke, varke en pluimveesektore bestuur.

OPENBARE KONSULTASIES
Lewendehawe Namibië is tans betrokke by openbare konsultasies om die wysiging van toepaslike regeringskennisgewings aan te kondig wat die insluiting van pluimvee, suiwel, en velle huide in sy portefeulje moontlik maak. Daarbenewens is 'n regeringskennisgewing oor die instel van heffings vir die bestuur van die verskeie nuwe sektore opgestel en word tans hersien.
As deel van die openbare konsultasieproses streef Lewendehawe Produkte Namibië daarna om alle belanghebbendes in te lig oor die beoogde regeringskennisgewings.
Navrae kan gerig word aan Beata Xulu by (061) 275 874.