Roots se brandrissiesouse is vuurwarm

Francoise Steynberg
Roots Foods het sy hoenderprodukte en brandrissiesouse aan CB Enterprises bekend gestel wat die verspreiding in groothandelaars en kettingwinkels gaan behartig. Die landbouontwikkelingsprojek van Roots by Stampriet se hoenderprodukte is reeds in winkels beskikbaar en daar word beoog om die brandrissiesouse na Frankryk uit te voer. Die brandrissiesouse is in geure van cayenne, habanero, jalapeño, creamy chilli, sweet chilli en buffalow wings beskikbaar. Foto's Francoise Steynberg