Sauma stel WhatsApp-gemeenskappe bekend

Francoise Steynberg
Die Vereniging vir Uraanmynbou in die Stampriet-akwifer (Sauma) het ’n WhatsApp-gemeenskap vir lede geskep om tyd en koste te bespaar, asook om lede vinniger en meer doeltreffend te bereik. Alle lede is via ’n persoonlike WhatsApp vanaf 081 492 5696 (die amptelike Sauma WhatsApp-nommer) uitgenooi met ’n skakel en QR-kode vir maklike toegang. Geregistreerde Sauma-lede sal inligting en opdaterings ontvang. Nielede word aangemoedig om as Sauma-lede aan te meld. Lidmaatskap is gratis. Voltooi en onderteken die aansoekvorm en stuur dit terug met ’n afskrif van jou identiteitsdokument (ID) na [email protected] of teken aanlyn aan by https://www.saumanamibia.org/sign-up. ’n Sauma Friends WhatsApp-gemeenskap is gevestig om ad hoc-inligting te deel in die strewe om die land se kosbaarste hulpbron – water – te beskerm. Sluit by dié gemeenskap aan deur die QR-kode te skandeer.