Speenkalfprodusente wys hul staal

Veilings vir die Agra Speenkalf-kompetisie van 2024 vind nog tot 5 September landswyd plaas met wenners wat al in verskeie streke aangewys is. Agra Veilings bied ’n gesogte platform vir beesprodusente om met hul speenkalwers te spog. Vier veilings word ook in die kommunale gebiede van Aminuis, Okondjatu, Talismanus en Okakarara gehou met die doel om hierdie opkomende streke te betrek en op te hef. Nie net gee dit ’n kontantvloei-hupstoot aan talle beesboere nie, maar stimuleer ook uitnemendheid in speenkalfgehalte.