Spog met jou speenkalwers

Groot opwinding heers onder beesprodusente vir die 13de Agra Speenkalf-kompetisie van 2024. Vanaf 9 Julie tot 5 September sal 18 veilings van Grootfontein tot Karasburg plaasvind, wat ’n gesogte platform bied vir produsente om met hul speenkalwers te spog. Daarbenewens sal vier veilings in die kommunale gebiede van Aminuis, Okondjatu, Talismanus en Okakarara gehou word, met die doel om hierdie opkomende streke te betrek en op te hef. Paul Klein van Agra Veilings sê hierdie kompetisie bied nie net ’n beduidende kontantvloei-hupstoot aan talle beesboere nie, maar stimuleer ook uitnemendheid in speenkalfgehalte. Foto Francoise Steynberg