Tuli-bulle behaal N$80 000 elk op veiling
Francoise Steynberg
- 1 Week Ago - 2024-11-12 00:00:00
Tydens die BXB Elite-veiling by die Agra-ring in Windhoek is twee Tuli-bulle vir N$80 000 elk verkoop. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die Tuli-beesras in Namibië op ’n veiling aangebied is. Ses dragtige kommersiële Tuli-kruisverse (dragtig van ’n opregte Tuli-bul) het ook onder die hamer gekom met drie wat vir N$19 000 elk verkoop is en die ander drie vir N$18 000 elk. Tans is daar drie geregistreerde Tuli-telers in Namibië, naamlik dr. Hannes Human met die Kapit-Yt-stoet en sy seun, Jürgen-Leigh Human, met die Whaddon-stoet van die plaas Ombu-Ondana in die Gobabis-distrik, asook Volker Rugheimer met die NAM Tuli-stoet naby Dordabis. "Ons is so dankbaar en tevrede," het Jürgen-Leigh na afloop van die veiling gesê. Foto verskaf